Tuesday, 17 November 2009

354. Ta-daah!!

Al die kersversierings is klaar gehekel!

Ek het 27 goedjies wat kan hang, plus 'n sterretjie vir heel bo-aan die boom.

Die sterretjie het van begin tot einde net 3 ure geneem (dis nou as ek al die "tea breaks" en opstaan om vir Johan te wys na elke puntjie klaar gehekel is, aftrek). Ek sal enige tyd nog van die oulike sterretjies kan maak. Dis so maklik en cute!

Ek sien op Ravelry dat daar 'n vrou is wat hierdie Super Mario sterretjies maak om in die broeikaste van vroeg gebore babatjies te sit. Dis mos sag en klein so dis die ideale "speelgoed" vir 'n piep klein babatjie.


Nou wag ek net vir kersfeesboom om opgeslaan te word. Hoe lank nog tot die 1ste Desember???!!!!

Monday, 16 November 2009

353. Duitse Kersfees markie

Ons was Sondagmiddag in Kingston om bietjie rond te loop. Nee ek jok. Ons was Kingston toe om te gaan Gingerbread Latte drink by Starbucks. Op pad na die, wat ons gehoop het sal die stilste Starbucks wees, (die een binne-in 'n boekwinkel) kom ons toe af op die markie.

In die vorige post het ek mos belowe om foto's te wys van Kingston se Duitse kersfeesmarkie, so hier is hulle.

Dis regtig nie 'n groot mark nie. Seker net so 30 stalletjies en amper almal verkoop 'n kosserige iets. Goed soos salami en worse en "handmade bacon" wat die groot vierkantige blokke hieronder is:


Die reuke wat tussen daai hout hutjies opstyg is amazing!! Ons het als mooi bekyk en toe vir ons elkeen 'n lekker Krakauer gekoop.


Dis 'n massiewe bacon Frankfruter in 'n rolletjie. Niks botter op die rolletjie nie, en die rolletjie is kleiner as die wors, so dis baie basic, maar dis baie lekker! Die ouens wat die Frankfruters braai oor die kole lyk soos ex-military-turned-chef. Groot, Duitse manne. Jy sê nie vir hulle jou frankfrutter broodjie kort botter nie! Die ding is, ons was so besig om die lekker broodjies te eet dat ons nie eens afgeneem het hoe dit lyk nie. Gelukkig kan julle 'n girl heel links in die foto hieronder sien wat een eet:

Daar is darem een of twee stalletjies wat oulike Kersversierings en geskenkies verkoop.

Na die lekker eet het mens mos 'n drinkdingetjie nodig. Ons hou nie van Gluwein nie (alhoewel die steweltjie bekertjies tog te cute is) so toe gaan ons Starbucks toe vir die koffie, waarvoor ons mos eintlik daar was.

In Starbucks het ons tog te lekker sit en koerant lees by 'n tafeltjie langs 'n venster wat af kyk op die markie.

Johan het sy Gingerbread Latte gehad en ek my usual: Earl Grey met soya melk. Note to self: die Starbucks in die boekwinkel is toe nie die stilste een in Kingston nie, en ekstra room op 'n latte maak die hele drankie baie gou koud.

Ons sal maar net volgende week moet terug gaan en kyk of die ander Starbucks stiller is, en seker maak dat 'n latte sonder room darem nog steeds lekker is ;-)

Friday, 6 November 2009

352. It's beginning to look

♪ a lot like Klithsmaths, laaah-die-dah-die-dah! ♪♪ (Die woord Christmas moet net gesing word met 'n lisp soos hulle doen in Home Alone 2 en laaah-die-dah-die-dah is eintlik "everywhere you go" but who cares.)

Dis November so Kersfees is in volle swang in Londen. Oxford Street, St. Pauls en Regent Street se kersfeesliggies is Dinsdagaand aangeskakel, Harrods s'n al die 29ste Oktober!!, en Harrods se Santa's Grotto is van Saterdag af oop. Die winkels is vol kersfeeskoek, kersbome, mince pies (ons het ons eerste boks mince pies die 31ste Oktober gekoop, en die boksie was voor 1 November in die drom), hope en hope en hope speelgoed en natuurlik gevriesde klein volstruisies (okay, kalkoen). Dan praat ek nie eens van hoe mooi die winkelsentrums lyk nie! Dis net liggies orals waar jy kyk. My gunsteling is Kersfees markies, en in Kingston is daar sommer twee om uit te kies, onder andere 'n Duitse ene! (Ek sal vir julle foto's oplaai wanneer ons daar was).

Dis heerlik om kersfees te hou in Engeland!! Als is so vrolik! Ek dink dis nogal nice om te dink dat die grootste deel van die geld wat uitgegee word in die Kersgety, spandeer word op geskenke vir familie en vriende, of op eetgoed wat gedeel gaan word met vriende en familie. Dit gee my sommer so 'n warm and fuzzy feeling.

Noudat ek hekel kyk ek natuurlik ook na Kersfees in 'n heel ander lig. Ek het 'n hekelboek wishlist op Amazon (Liefie, take note!), ek wonder of mense hekelwerk as kersgeskenke wil hê (ek vermoed die antwoord is nee want ek is die enigste een wat hekelmal is) en ek soek patrone om kersfees tema goedjies te maak. Gelukkig hoef ek glad nie vêr te soek vir patrone nie. In my Liewe Heksie serp is daar hier en daar heksies waar die eerste 3 rondtes rooi, wit en groen rondtes is, en dit skree mos Kersfees. Ek ken die patroon, ek het die wol en ek het beslis die lus, so nou hekel ek Kersfeesboom versierings!

Die plan is om 18 x 3-rondte, 3-kleur sirkels te maak, en 12 x 2-rondte, 1-kleur sirkeltjies. Ek maak 'n voorkant en 'n agterkant vir elkeen (want mens kyk mos na die boom van alle kante en ek wil nie rafeltjies sien wat die look bederf nie) so dit neem bietjie langer. Ek het nog 'n hele paar om te maak maar hier is solank foto's van wat ek het.

Elke boom het natuurlik ook 'n ster ook nodig en daarvoor het ek 'n "Super Mario Invicibility Star" patroon gekry. Cute nê?

Volgens die patroon met jy die sterretjie opstop maar ek gaan net stywe interfacing aan die verkeerde kant van albei sterre vas stryk voor ek dit aanmekaar werk, en dan 'n opening los tussen twee van sy beentjies sodat dit oor die toppunt van die boom kan pas. Natuurlik sal ek ook nie ogies borduur nie want dit moet 'n heel beskaafde, bedeesde wit ster wees.

Ek hoop julle Kersfeesplanne vorder ook mooi!



Monday, 2 November 2009

351. 'n Maandagaand bederfie



Thursday, 29 October 2009

350. 'n Lekker speletjie

Maak vir jou 'n nuwe naam! Ek het die epos waarin hierdie speletjie verskyn vir mense in my kantoor gestuur en dis so 'n goeie stres reliever! Binne 5 minute het almal ten minste een keer gelag.

Die drie sekretaresses saam met wie ek werk is van nou af: Snickle Pottypants, Dorfus BurgerSquirt en die mal New Zealander is Goober FrickenFrack (sal my nie verbaas as sy FrickenFrack begin sê at random nie).

Ek stel voor jy doen dit ook met die naam van enige iemand wat jou 'n harde tyd gee, irriteer, of net plainweg afpiepie. Die prokureur in ons department wat almal se lewe hel maak is byvoorbeeld Sloopy DipperTush! Heeeerlik om te weet en maak my dag soveel makliker!

Hier is die formule vir jou nuwe naam:

The following is excerpted from a children's book, Captain Underpants And the Perilous Plot Professor Poopypants, by Dave Pilkey, in which The evil Professor forces everyone to assume new names...

1. Use the 3rd letter of your first name to determine your new first name:
A = snickle
B = doombah
C = goober
D = cheesey
E = crusty
F = greasy
G = dumbo
H = farcus
I = dorky
J = doofus
K = funky
L = boobie
M = sleezy
N = sloopy
O = fluffy
P = stinky
Q = slimy
R = dorfus
S = snooty
T = tootsie
U = dipsy
V = sneezy
W = liver
X = skippy
Y = dink y
Z = zippy

2. Use the 2nd letter of your last name to determine the first half of your new last name:
A = dippin
B = feather
C = b atty
D = burger
E = chicken
F = barffy
G = lizard
H = waffle
I = farkle
J = monkey
K = flippin
L = fricken
M = bubble
N = rhino
O = potty
P = hamster
Q = buckle
R = gizzard
S = lickin
T = snickle
U = chuckle
V = pickle
W = Hubble
X = dingle
Y = gorilla
Z = girdle

3. Use the 3rd letter of your last name to determine the second half of your new last name:
A = butt
B = boob
C = face
D = no se
E = hump
F = breath
G = pants
H = shorts
I = lips
J = honker
K = head
L = tush
M = chunks
N = dunkin
O = brains
P = biscuits
Q = toes
R = doodle
S = fanny
T = sniffer
U = sprinkles
V = frack
W = squirt
X = humperdinck
Y = hiney
Z = juice

Ek hoop julle geniet dit net soveel soos ek het!



Sunday, 25 October 2009

349. So bietjie deur die blare

Julle sal seker onthou dat ek en Johan verlede week wou gaan herfsblare kyk maar toe nooit daarby uitgekom het nie. Ons het mos eerder gaan tee & scones. Wel Sondag het ons weer probeer, en dit was 'n reuse sukses! Die keer het ons reguit Bushy Park toe gegaan en toe afgekom op 'n deel van die park wat super mooi is!

Ek hoef nie veel te sê nie want julle kan van die foto's aflei dat ons die mooi herfskleure en rustige woud vreeslik baie geniet het.



Ek is mal oor hierdie foto effek - dit lyk soos 'n 1960's foto. Laat my dink aan die foto's wat ek gesien het as kind van my ma en pa in hul jong dae:



Nog 'n foto effek:



I luuuuuve my husband!:

My vriendin Johanna sê ek lyk soos 'n stout Engel in die foto. Ek dink meer dis soos die duiweltjie op Johan se skouer :-):




Is dit nie beautifull nie?!:




Ons was darem nie dadelik huis toe na die speel tussen die blare nie. Nee, eers 'n teekie en Ouma beskuit in die kar voor ons die lang (10 minute) drive huis toe aandurf. Enige verskoning....


P.S. Ons was later Sondagmiddag weer uit - vir 'n replay van verlede Sondag se tee & scones. Hoekom? Want ons kan!

Sunday, 18 October 2009

348. Ta-daah!!!

Dis klaar! Saterdagmiddag, 17:36 het ek die Liewe Heksie serp klaar gemaak! 960 minute (39 Heksies x 20 minute per heksie plus 3 ure vir aanmekaar werk) en 504.6m katoen Rowan wol later het ek haar om my nek gedraai. Ek moet sê ek is nogal trots op myself en ek dink die kleure wat ek gekies het werk vreeslik mooi saam.

Dit lyk my ook nogal of ander mense van my serp hou want op Ravelry het 12 mense al die serp ge"favourite". Onder andere 'n vrou in Conneticut wat hekel klasse aanbied en hekelpatrone vir tydskrifte uitdink!!! Daar's ook 'n vrou van Santiago in Chille wat hou van die kleure en iemand van Tasmania wat die serp al ge"favourite" nog voor dit klaar was! Jissie julle, dit maak my baie bly maar ek wil ook bietjie maak soos die regte Liewe Heksie wat altyd so haar een voetjie gedraai het as sy skaam raak.

Helaas ek is darem nie so skaam dat ek nie my serp sal dra nie. O nee, ek dink nie daar sal een enkele dag wees waar sy nie om my nek is nie. En die beste is dat die wol net sagter en sagter gaan raak en dit net lekkerder en mooier sal begin hang, want dis mos 100% katoen. Dis soos wanner jy 'n silwerskoon jean dra - daai eerste paar uur sit dit mos styf en dan na 'n dag se dra is dit doek sag. Dieselle gaan gebeur met my serp! Skielik lyk die winter nou nie meer so grys nie :)

Maar nou eers genoeg van my serp. Kom ek vertel julle ietsie anders.

Johan het my Sondag vir 'n drive gevat na Richmond Park. Die idee was ons sou gaan herfsblare kyk maar daar was soveel ander mense met dieselfde idee, en so min parkeerplek in die grootte park dat ons maar net reg deur gery het. Op pad Bushy Park toe (plan B) kry ek skielik 'n oorweldigende lus vir Tea & Scones. Nes ek dit vir Johan sê, rek sy oë so groot soos pierings want hy het op daai selfde oomblik gedink hy wil my uitvat vir Tea & Scones! Great minds (en amper 8 jaar getroud wees) nê!

Ons is toe na 'n kwekery naby ons, se restaurantjie waar ons al voorheen Tea & Scones gehad het. Ai julle, maar dit was lekker! Nie net die tee en die scones en die aarbei konfyt en die clotted cream nie, sommer net die hele experience. Lyk my ons het die magic hour gevind wanneer die ou omies en tannies soontoe gaan. Daar was geen stout kinders nie, geen giggelende bakvissies, geen mans op selfone nie - net ou omies en tannies wat stil en bedeesd (en stadig) hulle soet dingetjies en toebroodjies geniet. En natuurlik sit ons binne die restaurant van 'n kwekery so ons is omring deur die rustigheid van plante en daar speel heerlike, rustige agtergrond musiek. Hemels!!!

Julle mos kan sien hoe happy ons is (en kyk die ou omie agter Johan se skouer. Cute!!!):



Het julle opgemerk hoe verskillend ons ons scones aanmekaar sit? Myne is konfyt onder met room bo-op, en Johan s'n is room onder en konfyt bo-op. En kyk hoe bont is ek, en hoe prakties en manlik is my man aangetrek. Maar weet julle wat? Ons is al 8 jaar getroud en ken mekaar al 10, en ons het elkeen nog ons eie dingetjies wat ons uniek maak, en dis nice!